Dpa-Training Rekenaar Skool PASTEL XPRESS Volume 1 - R 1 399,00 BTW ingesluit Oorspronkike Softline Pastel Handboek ingesluit WIE BEHOORD DIE KURSUS BY TE WOON? Hierdie kursus is bedoel vir persone met 'n werkende kennis van boekhou wat die Pastel Xpress pakket wil leer ken. WAT IS DIE DOEL VAN DIE KURSUS? Die doel van die kursus is om die gebruiker te leer om die Pastel Xpress pakket te gebruik om 'n basiese stel finansieele rekords vir 'n klein besigheid te skep en te onderhou. WAARUIT BESTAAN DIE KURSUS? Die Pastel Xpress beginner kursus word in 8 lesse oor 3 Sessies aangebied en neem ongeveer 12 ure om te voltooi. Gedurende die kursus sal die student met die volgende werk :
- Oorsig oor basiese rekeningkundige rekords
- Begin Pastel Xpress
- Open en sluit boeke
- Opstelling van die Grootboekstelsel
- Grootboek transaksies
- Grootboek verslae
- Opstelling van die verskafferstelsel
- Verskaffer transaksies
- Verskaffer verslaggewing
- Opstel van die klieente stelsel
- Klieent transaksies
- Klieent verslaggewing
- Opstel van die voorraadstelsel
- Voorraad transaksies
- Voorraad verslaggewing
|