Picture
 Home
 inligting
 Kursusse
 inligting

Die DPA Rekenaar Opleidingskool

Die DPA Rekenaar Opleidingskool is 'n afdeling van Delportdupreez (Edms) Bpk, 'n firma van Raadgewende Elektriese en Elektroniese Ingenieurs en Projekbestuurders. Die skool is by die "ICDL." geregistreer en kan opleiding verskaf in terme van die "Skills Development ACT"

Die skool word deur professionele gebruikers van die toepassing sagteware bedryf en alle kursus materiaal is spesifiek met die oog op die behoeftes van die gebruiker ontwikkel.

Die DPA Rekenaar Opleidingskool bied aan u 'n praktiese benadering om die basiese instruksies en prosedures wat nodig is om die program vrugbaar te kan gebruik in 'n kort tyd aan te leer.

 Die skool het 'n suite van opleidingspakette ontwikkel wat spesifiek daarop gerig is om die nuwe gebruiker van die Microsoft Office  sagteware vertoud te maak met die toepassing en gebruik van die verskillende komponente.

De DPA Opleidingskool bied aan die student toegang tot 'n omvattende stel opleidingsmateriaal om aan al sy behoeftes te voldoen. Die lesingskedule word aangepas sodat die student sonder groot ontwrigting die klasse kan inpas.

Dpa Opleiding bied aan die studente die volgende voordele:

  •   Klein klasse
  • Goed opgeleide tutors
  • Gebruikersgerigte opleidingsmateriaal
  • Individuele leiding
  • Persoonlike aandag.
  • ICDL geregistreerde opleiding

Interaktiewe materiaal.

Die Dpa Opleidingskool het 'n spesialel program vir daardie persone wat die sagteware op hulle eie wil leer ken sonder om in klasverband te werk.

 Toegang tot die Interaktiewe materiaal en rekenaars kan teen spesiale tariewe beskikbaar gestel word. So kan die student dan teen sy eie pas werk. Dit neem oor die algemeen ongeveer 8 tot 12 uur om 'n pakket deur te werk.

  • Beskikbare Kursusse:

Die volgende kursusse is beskikbaar vir groepe van 6 en minder persone:

  • Inleiding tot die Elektroniese kantoor
  • Windows vir beginners.
  • Access  vir beginners
  • Excel vir beginners
  • Excel  gevorderd
  • PowerPoint  vir beginners
  • PowerPoint  gevorderd.
  • Word  vir beginners
  • Word  gevorderd.
  • Basiese Rekeningkunde vir bestuurders
  • Pastel Partner
  • Pastel Xpress
  • Inleiding tot die Internet en e-pos
  • Internet en epos
  • Beginsels van Projekbestuur
  • MS Project

 

Opleidingsfilosofie.

Die DPA suite van Rekenaar Opleiding Materiaal is saamgestel met die doel om die student in staat te stel om in die kortste moontlike tyd die vaardigheid te bekom om die programme vrugbaar te kan gebruik.

Picture

Die materiaal was ontwikkel vir studente op die beginnersvlak met min of geen vorige rekenaar ondervinding.

Om die volle waarde van enige opleidingskursus te kan benut is dit noodsaaklik vir die gebruiker

 om 'n goeie handboek wat aan sy behoeftes en styl voldoen, te bekom. In hierdie opsig kan die skool die student van waardevolle hulp voorsien deur die bekendstelling van 'n wye reeks handboeke wat die verskillende pakkette dek.

Gedurende die aanbieding van die kursus word die student heelwat tyd gegee om die nuwe vaardighede wat behandel word, in te oefen. Hersieningssessies tussen lesse help om die inligting te versterk.

Struktuur van die Dpa Suite van kursusse.

Die materiaal in elke kursus is saamgestel in die vorm van 'n skyfie vertoning op 'n netwerk van rekenaars. Die aanbieding bestaan uit teksverwerkinge wat gekombineer word met geskikte grafiese voorstellings en prentjies om die boodskap op 'n interessante wyse oor te dra.  Die boodskap word aan die einde van elke les versterk deur ‘n videosnit.

Elke kursus bestaan uit ongeveer 8 lesse wat oor 'n tydperk van 7 to 8 uur aangebied word. Klasse kan in een 8 uur sessie of twee 4 uur sessies verdeel word. Video en Kompakskyf insetsels word gebruik om van een les na die volgende oor te gaan en om terselfdertyd die materiaal te hersien.

Vaardigheid kom deur oefening.

Gedurende die lesings word elke student die geleentheid gegun om op sy rekenaar te oefen.

 Groepe word tot 'n maksimum van 6 studente beperk en elke student sowel as die lektor werk op sy eie rekenaar.

Studente word geleidelik vanaf die begin, deur elke stap tot aan die einde gelei. Indien 'n student nie sou verstaan nie, word die materiaal weer tydens die oefen sessie verduidelik. Indien die student aan die einde van die kursus sou voel dat hy nog nie gereed is om die program te gebruik nie, sal Dpa 'n rekenaar met interaktiewe materiaal beskikbaar stel vir addisionele oefening.

Onderwerpe wat in elke kursus behandel word.

Windows.

Die Windows kursus bestaan uit 10 lesings wat in 4 x 2 uur sessies aangebied word. Onderwerpe wat behandel word sluit die volgende in: Werking van die "PC", die "desktop" en Objekte, Aktivering van Programme, Bestuur van Inligting, Werk met lêers en houers, Multimedia, Verstelling van die "desktop" na smaak, Onderhoud van die opstelling, Help en Netwerke.

 Microsoft Excel.

Die Excel  kursus is verdeel in 9 lesse wat oor 3 sessies aan- gebied word. In hierdie kursussal die student kennis maak met: Hoe om die program te begin, Open en sluit Werkboeke, verandering van werkskaarte, basiese formules en funksies, Werkskaart opstelling, lewering van drukstukke, Veelvuldige werkskaarte, Grafieke en Kaarte.

Microsoft PowerPoint.

Die PowerPoint kursus vir beginners bestaan uit 8 lesings wat oor 2 sessies aangebied word. Die materiaal wat behandel word sluit die volgende in: Hoe om PowerPoint te begin, lêers en Dokumente, Tikwerk en teks verandering, Drukwerk, Gevorderde formattering van teks, Skyfie ontwerp, AutoShapes en Objekte, Animasie van skyfies.

Die gevorderde PowerPoint kursus het 4 lesse wat binne 'n periode van 4 ure behandel word. Die kursus sluit in: Spesiale Effekte, WordArt en Kaarte, Spreker Notas, Film insetsels en Klanksnitte, Skyfie Transisies en Skyfie vertonings.

Microsoft Word.

Die Word  kursus vir beginners bestaan uit 8 lesse. Die kursus dek items soos: Hoe om Word te begin, Lêers en Dokumente, Tik en verandering van teks, Drukwerk en korreksies, Teks opstelling, Paragrawe en Inkeping, Tabelle, Boskrifte, Voetskrifte en bladsy nommers.

Die gevorderde sessie bestaan uit 4 lesings wat onderwerpe dek soos: WordArt, Prente en Grafiese voorstellings, Taalkeuse en Spelling, Internet dokumente.

Geskeduleerde periodes

Lesings word gewoonlik gereël om aan die behoefte van die individuele groepe te voldoen. Indien moontlik word die volgende tye benut:

  • Dag kursus: 8:30 to 17:00 op weeksdae.
  • Oggend klasse: twee sessies van 8:30 to 12:30.
  • Middag klasse: twee sessies van 13:00 to 17:00
  • Aandklasse:  (Spesiale reëlings)

 

Drie maklike maniere om te registreer:

Per fax to +2712 362 6687

Per telefoon +2712 362 6682/3

Per e-pos: mailto:webinfo3@dpa-training.com

Vir meer inligting oor die kursusse wat aangebied word kontak gerus die skool.

Kontak die Skool vir spesiale groep tariewe.

Terug na begin

© - 1998 - 2010. Dpa-Training BK.

Webmaster: Pieter du Preez

© - 1998, 1999, 2000, 2003, 2010. DPA-Training CC.