bied aan u ‘n praktiese benadering om die basiese instruksies en prosedures wat nodig is om die program vrugbaar te kan gebruik, in ‘n kort tyd aan te leer. Die skool het ‘n suite van opleidingspakette ontwikkel wat spesifiek daarop gerig is om die nuwe gebruiker van die Microsoft Office sagteware vertroud te maak met die toepassing en gebruik van die verskillende komponente. Die DPA-Training skool bied aan die student toegang tot ‘n omvattende stel opleidingsmateriaal om aan sy behoeftes te voldoen. Die lesingskedule word aangepas sodat die student sonder groot ontwrigting die klasse kan inpas. DPA-Training bied aan die student die volgende voodele :
- Klein klasse (maksimum van 6 studente)
- Goed opgeleide tutors
- Gebruikersgerigte opleidingsmateriaal
- ICDL geregistreerde opleiding.
- Individuele leiding
Die klastye word gereël om sover moontlik die student se skedule te pas. ALGEMENE INLIGTING Om teleurstelling te voorkom moet u vroegtydig registreer aangesien net ‘n beperkte hoeveelheid studente per klas toegelaat word. Saam met die registrasieform moet ‘n R200,00 deposito ingesluit word. Kansellasies word tot en met 2 werksdae voor die aanvang van die kursus aanvaar. Daarna sal ‘n 20% kansellasiefooi gehef word. Plaasvervangers word aanvaar. Die kursusfooi sluit ‘n handleiding en verversings in. Middagete gedurende die voldag kursus is vanaf 12h30 tot 13h30 en is die student se eie verantwoordelikheid. Parkering is beskikbaar voor die gebou op eie risiko. Slegs bankgewaarborgde tjeks word aanvaar. Kursusse begin streng volgens gegewe tye. Registrasie vind plaas 15 minute voor die begin van die kursus. GEEN SELFONE word in die klaskamer toe gelaat nie. Indien nodig, kan die selfoon aan die skool se sekretaresse gegee word om boodskappe te neem. Sertifikate word aan studente uitgereik met suksesvolle voltooiing van die kursus. Spesiaal vir ons Afrikaanse mense: Bring ‘n vriend/in en kry 5% afslag op jou kursus fooi. Bespreek ‘n vol klas (6) en kry 30% afslag op u eie persoonlike kursus fooi (alle studente moet vir dieselfde kursus bespreek). |